Tuisblad

Welkom


Welkom by die Webtuiste van NG Sinode Hoëveld. Ons waardeer u besoek.


U sal hier heelwat nuus, ander inligting, interessante artikels, 

 

opleidingsmateriaal en wie weet wat nog alles, vind.


Ons vertrou u sal die reis deur ons webblad geniet!

“HALLELUJA” MET RINA HUGO EN RONÈLL ERASMUS IN DUET

Kom bring gerus ’n heerlike Sondagmiddag deur in die geselskap van twee uitstekende sangeresse met ʼn program van inspirerende musiek.

Kom luister na gunstelinge soos ‘Halleluja’, ‘Pie Jesu’ en ‘Ave Maria’ en ook nuwe liedjies uit die pen van Ronèll self.

Koffie en heerlike sjokoladekoek sal die middag verder afrond.

PIERNEEFTEATER
Sondag 29 Januarie 2012 om 15:00
Kaartjies: R120
Bespreek by (012)329-0709 of info@pierneefteater.co.za

Vir meer inligting en besprekings: Theresa du Preez, The Sixth Sense, 011-8801027 of per e-pos by: theresa@thesixthsense.co.za

Week van Gebed 2012 - Preekmateriaal

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Met groot dank aan Amanda Carstens, die Publikasiehoof van CLF, kan u die Preekmateriaal vir die 2012 Week van Gebed aflaai vir u gebruik.

 

Besoek die Kruis-en-Dwars afdeling van ons webblad en laai dit daar af;

 

Of kliek hier en laai dit af.

 

Geniet dit!

Jongste Nuus

 

 

Kyk na die boonste donkerblou gedeelte van die skerm en al die oortjies daarop.

 

  • Kliek op die oortjie en dit neem u na die berigte wat daaronder sorteer.

 

  • Klik op die Nuus-oortjie in blou hierbo  (3de oortjie van regs) en gaan lees gerus die jongste Nuus vir ons Sinode.

 

 

  • Onder die "Op die Kalender" vind u gebeure wat in die volgende paar dae gaan plaasvind. Kliek op die kalender ikoon daaronder en dan kom u uit by die Sinodale Kalender. Daar kan u op enige datum klik en lees wat op daardie dag gaan gebeur in die Sinode (dit wat gerapporteer is).

 

  • Onder die opskrif "Hoëveld Nuus" word die nuutste artikels wat op die web geplaas is.

 

Kruis-en-Dwars Argiewe

Om die nuutste en ook vorige uitgawes van Kruis-en-Dwars te lees of volledig af te laai in PDF, kliek hier.

Die Belydenis van Belhar het in die 1980’s gehelp “om die geweld en terreur, asook kerkleiers se betrokkenheid daarby, te regverdig”. Só voer genl. Johan van der Merwe, gewese polisiekommissaris, aan in ’n 15 bladsy lange memorandum wat hy aan die dagbestuur van die moderamen van die NG Kerk se algemene sinode gestuur het.
Sondag 12 Februarie is geoormerk as Biddag vir Opvoeding en Onderwys. In aansluiting hierby, versoek mnr Paul Colditz, Uitvoerende Hoof van FEDSAS, dat lidmate aangemoedig word om betrokke te raak by die verkiesing van skole se beheerliggame. Dié verkiesings vind landwyd gedurende Maart 2012 plaas.lees gerus ook mnr Colditz se volledige skrywe.
MES nooi jou en die gemeente graag uit om ’n myl in iemand anders se skoene te kom loop. Bespreek gerus ’n datum vir jou gemeente en kom geniet ’n aandmaal en geselsie saam met die Hillbrow gemeenskap.
Dit gryp mens altyd aan die hart as iemand die roeping ervaar om te gaan studeer om predikant te word, maar dit nie finansieel kan bekostig nie. Boitumelo Maloka is 'n dogter uit Orange Farm wat baie graag wil gaan Teologie studeer by Pretoria. Haar ouers is werkloos en nou vra haar predikant om hulp.
Organiseerder Prof. Hennie Stander. Die mens se lewe het verskillende fasette. Die doel van hierdie kursus is om jou toe te rus om in verskillende vlakke van jou lewe te groei en om ook gesond en suksesvol te leef. Die oogmerk van die lesings is om jou te help om regtig volledig mens te kan wees, sodat jou volle potensiaal na vore kan kom.
Die Hoëveld Sinode is die tweede sinode van die NG Kerk in die land, naas die Sinode van Wes -en Suidkaapland, waar ʼn predikant wat gehoorgestremd is, in ʼn voltydse beroep bevestig is. Ds. Jaco van Wyk is vandeesmaand in die NG Gemeente Effata vir Dowes by die Moedergemeente Kempton Park bevestig nadat hy die amp as leraar aanvaar het en is tans die enigste geordende dowe predikant in die NG Kerk.
Die SDK is besig om te beplan vir die sinodesitting van 2012 (17-19 April) en wil graag uitvoering gee aan ons Sinode se uitgangspunt van "Uit gemeentes vir Gemeentes." Daarom nader ons julle vir hulp met die vasstelling van ons sinodesitting se agenda.
Die optredes van Yoti, die bekende Griekse sanger / kunstenaar, is altyd iets opwindend om na uit te sien. Moenie hierdie geleentheid by NG Alberton-Noord misloop nie!
Die volgende Sinodesitting van Sinode Hoëveld se datums word hiermee aangekondig, naamlik 17 tot 19 April 2012.
CMR Kempton Park bied op 18 Februarie 2012 'n heerlike kuier- en speel¬geleentheid aan vir almal met ’n liefde vir musiek! Baie pryse te wen!! Maak niou al 'n inskrywing in u dagboek!
Corruption Watch (CW), ’n organisasie wat sigbare slaankrag wil gee aan korrupsiebestryding, het die groenlig gekry van prominente kerkleiers soos die NG Kerk se algemene sekretaris en een van die vise-presidente van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), dr Kobus Gerber. Lees hiervan en veel meer in die Kerkbode van 03 Februarie 2012.
Kom kuier saam met LIG By Willie en Natasha Joubert en hul babatjie Lizay wat op 23 Augustus gebore is. Lees ook oor Gentlemean - nodig of oorbodig? Irma Joubert: 'n kop vol hartstories; Ons huwelik ...; Telebemarking: Waar kry hulle my nommer? Pa in die kraamsaal - wat om nie te doen nie; Tem tienertantrums; Klimrame - kies slim vir klouter en spring; en nog vele meer in die LIG van Desember/Januarie 2012
Die Storie vertel die storie van die Bybel en God se liefde vir die mensdom. Soos enige goeie storie is dit gevul met intrige, drama, konflik, romanse en redding. Dit is die verhaal van die Bybel in die Bybel se eie woorde.