Aktiwiteite
Die Sinode het die Bediening: Godsdienssorg aan Gevangenes in 2003, goedgekeur. Die Diensgroep is saamgestel uit verteenwoordigers van die SKDB, Jeugbediening, Getuienis en Vrouediens. Verskeie kundiges is ook betrokke. Lidmate wat belangstel om vergaderings van die Diensgroep by te woon ter wille van inligting of om by die Diensgroep betrokke te raak, is meer as welkom om die SKDB in dié verband te skakel.