Dit is aangenaam om besig te wees tussen studente wat gemotiveerd is, die roeping het en begerig is om in die bediening te wil staan. Graag word die volgende onder die aandag van leraars, kerkrade en gemeentes gebring:
Excelsus - waar ons saam bou aan 'n kultuur van lewenslange leer!
Excelsus (Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) is verantwoordelik vir die ontwikkeling en koördinering van die NG Kerk se program vir voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) in die noordelike deel van ons land. Ons glo dat predikante wat bedieningsvaardig is, ook bedieningsvreugde sal ervaar.
Aangeheg hierby vind u die VBO Opleidingprogram en -inskrywingsvorm vir die kursusse van Februarie en Mei 2011.
DIE SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING FAKULTEIT TEOLOGIE (UP) in samewerking met Sentrum vir Bedieningsontwikkeling, Excelsus bied aan:
KURSUSSE IN MEI en JUNIE 2010:
Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans 'akademiese programme'.
Aangeheg is inligting oor die volgende mentor opleiding. ’n Brief aan kerkrade, een aan die leraars en ’n inskrywingsvorm word aangeheg. Kan jy asseblief vir die regte persoon in die kantoor vra om so spoedig moontlik al drie hierdie dokumente uit te stuur aan al die leraars in die Gemeente? Dit sal hoog op prys gestel word. Lees gerus meer.
Liewe Kollega,
Ek herhaal hierdie broederlike brief aan jou omdat ek vir jou omgee. Ek val sommer met die deur in die huis:
This academic journal belongs to the ‘Sentrum vir Bedieningsontwikkeling’ (Centre for Ministerial Development) of the Dutch Reformed Church at the Faculty of Theology, University of Pretoria. Articles inter-relate the various theological disciplines (eg. Old Testament Studies; New Testament Studies; Practical Theology; Dogmatics and Ethics; Church History and Church Polity; Missiology and Science of Religion)and also serve as a catalyst to connect Theology and Religion with various fields in the Humanities, Social Studies and even the Natural Sciences (Biology, Zoology, Medical Sciences, etc.).
The Centre for Public Theology of the Faculty of Theology of the University of Pretoria presents on Monday and Tuesday, 26 and 27 October 2009, a conference with the theme: Prophetic Witness: An appropriate mode of public discourse in democratic societies?
The Centre for Public Theology of the Faculty of Theology of the University of Pretoria presents on Monday and Tuesday, 26 and 27 October 2009, a conference with the theme: Prophetic Witness: An appropriate mode of public discourse in democratic societies?
Papers will be presented by participants from a variety of South African and European universities, from different church backgrounds. The conference will look at prophetic witness in the past, as well as in the current context.
Prof Gert Steyn van die Departement Nuwe Testament skryf en se: 'n Navorsingsgenoot van my, Prof Jostein Adna van die 'School of Mission and Theology', Stavanger in Noorweë, kom op besoek aan SA (Pretoria) gedurende die laaste week van November 09. Sy spesialisasie en belangstelling loop oor sowel Nuwe Testament asook oor Missiologie.
Ons beplan ’n oggendseminaar op Vrydag 27 November (voorlopig tussen 08h45 en 13h00) oor die 'Missionêre taak van die kerk.'
Ek stuur later meer detail oor die inhoud soos ons vorder met die reëlings, maar teken asseblief solank die datum aan." Jostein is o.a. mede-outeur van "The mission of the early church to Jews and Gentiles" (Jostein Adna, Hans Kvalbein).
Hiermee word bekend gemaak dat ‘n vakature in die Departement Ou Testamentiese Wetenskap van die Universiteit van Pretoria ontstaan het.Die pos ontstaan as gevolg van die emeritering van Prof Jurie le Roux.