Hier volg Neels Jackson se artikel in die Beeld van 2009-10-06.
VERSKILLENDE MANIERE VAN GLO.
Ek het te veel respek vir prof. Adrio König om te sê hy lieg. Dis min of meer wat ek verlede week op Aardklop in ander woorde gesê het tydens ’n bespreking van sy boek "Die evangelie is op die spel". Ek glo König tree uit oortuiging op, met goeie bedoelings ook.