Aktiwiteite
Hierdie ekumeniese liggaam staar groot uitdagings in die gesig om in ons huidige tydsgewrig 'n openbare leiersrol te speel in ons SA-samelewing en ons is oortuig daarvan dat hulle 'n waardevolle bydrae sal kan lewer in die Christelike getuienis van ons breëre Geloofsgemeenskap. Wysheid en insig word julle toegebid.
Die volledige presidium van die SARK bestaan nou uit Biskop Jo Seoka (Anglikaanse Kerk - President), Rev Joy Kronenberg (Morawiese Kerk - Vise-president) en dr Kobus Gerber (NG Kerk - Vise-president)