Sondag 12 Februarie is geoormerk as Biddag vir Opvoeding en Onderwys. In aansluiting hierby, versoek mnr Paul Colditz, Uitvoerende Hoof van FEDSAS, dat lidmate aangemoedig word om betrokke te raak by die verkiesing van skole se beheerliggame. Dié verkiesings vind landwyd gedurende Maart 2012 plaas.lees gerus ook mnr Colditz se volledige skrywe.
Beheerliggaamverkiesing 2012 Skoolbeheer in Suid-Afrika is taamlik uniek in dié opsig dat ouers van regsweë meer inspraak het in die onderwys van hulle kinders as in verreweg die meeste wêreldlande.