Jongste Vakatures

Vakature: Hugenote Kollege Wellington - Uitvoerende Hoof

Die Hugenote Kollege te Wellington is tans midde-in 'n vernuwings- en omskakelingsproses na 'n VOO-instansie, wat fokus op die ontwikkeling van toegepaste kennis en vaardighede, binne die kerklike en maatskaplike omgewing. Die Kollege beskik tans oor 'n vakature vir 'n dinamiese persoon om op te tree as Uitvoerende Hoof.

Vakature Hoofbestuurder : Sinode Hoëveld Barmhartigheidsdiens

Sinode Hoëveld (Suid-Transvaal) Sinodale Sentrum, Rhodesfield, Kemptonpark.
Die NG Barmhartigheidsdiens (NGBD) het 'n geleentheid vir 'n toepaslik gekwalifiseerde persoon om saam met die uitvoerende bestuur, die sukses van die barmhartigheidsdienste in die Suid-Transvaal te verseker.

NG Welsyn Noordwes en Gauteng beskik tans oor die volgende vakatures vir Maatskaplike Werkers

Posvereistes: Geregistreer by SARMD, Suid-Afrikaanse burger, geldige rybewys en rekenaarvaardig.

Christelik Maatskaplike Raad Linden - Vakante Pos

CMR Linden is opsoek na ʼn Afrikaans sprekende voltydse Maatskaplike Werker in Randburg area.

NG Pretoria-Garsfontein Vakature: PASTORALE HULP

Gemeenteprofiel: Die gemeente is geleë in die ooste van Pretoria en bestaan uit 1700 belydende- en 478 doop lidmate. Die gemeente word tans bedien deur twee voltydse leraars, een pastorale hulp asook ʼn kapelaan.

NG KERK BRONKHORSTSPRUIT VAKATURE: VOLTYDSE MEDE-LERAAR

Die kerkraad stel hiermee in biddende afhanklikheid van die Here bogenoemde vakature bekend en wag aansoeke in vir ʼn medeleraar

COMMUNITAS (GKS): PSD-POS - STELLENBOSCH

Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode Wes-en-Suid-Kaap) stel ’n 50% PSD-pos in die Diensgroep: Gemeentebegeleiding (Communitas) met opdrag dienslewering aan die Gemeenteontwikkeling en Kerklike Samewerking Taakspan (GKS), bekend.

NG SCOTTBURGH: VAKATURE: VOLTYDSE LERAARS POS

Scottburgh is ’n tipiese pastorale grootte kusgemeente aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die vakature ontstaan omdat ons leraar op 26 Februarie 2012 sy emeritaat aanvaar na ’n bediening van 23 jaar en 7 maande in die gemeente

VAKATURE: BESTUURDER - BRITS RUSOORD (’n NG Kerk Tuiste vir Bejaardes)

BRITS RUSOORD MPY is 'n Maatskappy van die NG Kerk.  'n Vakature bestaan tans vir 'n Bestuurder vir hierdie Rusoord.

NG PORT NOLLOTH: VAKATURE: AFLOSLERAAR

Port Nolloth is aan die Weskus binne die Ring van Namakwaland geleë, 90 km suid van die Namibiese grens en 145 km wes van Springbok. Die gemeente bestaan uit 194 belydende en 52 dooplidmate, versprei oor 114 besoekpunte, grotendeels afgetredenes. Daar is ook ʼn plaaswyk, 62 km teerpad tot by afdraaipad, plus 5 km grondpad, waar eenmaal per maand wyksbestuur gehou word.