27 Februarie 2009
Die drie Afrikaanse kerke naamlik die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk beskou dit as hulle profetiese roeping om etiese kwessies in die Suid-Afrikaanse samelewing aan te spreek. Die kerke wil, met die oog op die komende verkiesing, op sekere uitgangspunte wys.