Biskop Graham Cray is een van die wêreld se innoverendste denkers oor die kerk en deel sy praktiese ondervinding in Kerkplanting en vernuwing in "Fresh Expressions."
Die Konferensie word aangebied om gemeenteleiers, predikante en pastore te help om na te dink oor die uitdagings wat die kerk in ons tyd moet hanteer.
Die NG Gemeente Heidelberg (Gauteng) oorweeg om die ontwikkelde en netjiese jeugkampterrein, bekend as Oom Stapie Jeugkampterrein, te koop aan te bied.
Dink daaraan ... 'n Ondersteuningsgroep vir mense wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het is 'n wonderlike hulpmiddel in die proses van heel word! Laat ds Elise Klut u meer hiervan vertel.
Hiermee inligting oor 'n Toerustings-konferensie program met die Tema: "Gereed om te land?" met die doel om Ouers se betrokkenheid by jeugbediening beter te fokus en te versterk.
Dagsê aan alle kinderkerkleiers, kleuterkerkleiers, kategete, ouers en belangstellendes! Hierdie is 'n geleentheid wat nie by u moet laat verbygaan nie!
Dr. Johan Gouws wil u net graag in kennis stel dat die vergadering wat belê was vir môre 5 Mei 2011, afgestel is.
Dr. Gouws sal persoonlik met al die ringskribas in verbinding tree om 'n byeenkoms te reël.
Die Jeugkommissie, Kruisbande, het 'n taakspan vir gesinsbediening saamgestel. Ons sal baie graag wil hoor wat elke gemeente oor gesinsbediening doen of watter behoeftes of tekortkominge daar bestaan om met gesinsbediening te begin.