Aktiwiteite
Die posisie van die CABSA direkteur het vakant geraak na Ds Nelis du Toit versoek het dat die Raad nie sy kontrak na 30 Junie 2011 hernu nie.
Hierdie vakature is geadverteer en baie aansoeke is ontvang. Na ’n proses van deeglike keuring en onderhoude het die Raad Me Lyn van Rooyen as Direkteur van CABSA aangestel, vanaf 1 Julie 2011.
Die Raad het volle vertroue dat Me van Rooyen uitstekend vir die taak toegerus is en dat sy die organisasie tot nuwe hoogtes sal lei.