12 Februarie - Biddag vir Opvoeding en Onderwys en Beheerliggaamverkiesings

2012-02-12 00:00
2012-02-12 23:59
Africa/Johannesburg
Sondag 12 Februarie is geoormerk as Biddag vir Opvoeding en Onderwys. In aansluiting hierby, versoek mnr Paul Colditz, Uitvoerende Hoof van FEDSAS, dat lidmate aangemoedig word om betrokke te raak by die verkiesing van skole se beheerliggame. Dié verkiesings vind landwyd gedurende Maart 2012 plaas.lees gerus ook mnr Colditz se volledige skrywe.

Beheerliggaamverkiesing 2012
Skoolbeheer in Suid-Afrika is taamlik uniek in dié opsig dat ouers van regsweë meer inspraak het in die onderwys van hulle kinders as in verreweg die meeste wêreldlande.

KOM GEE JOU ❤ VIR HILLBROW: MES SKAKELAKSIES VIR 2012

MES nooi jou en die gemeente graag uit om ’n myl in iemand anders se skoene te kom loop.

HULP GEVRA VIR VGK DOGTER VAN ORANGE FARM WAT TEOLOGIE WIL STUDEER.

Dr. Paulus Ntshumayelo van die VGK Orange Farm, skryf en sê:

Effata aanstelling 'n heuglike geskiedkundige gebeurtenis!

Hierdie gebore Bloemfonteiner wat hardhorend is, sê hy is baie positief oor hierdie gebeurtenis. “Dit is ʼn werklikheid wat werklik geword het.” 

Beskikbaarheid van verblyf - Japie Kritzinger Tehuis vir Bejaardes in Bloemhof.

Die Japie Kritzinger Tehuis vir Bejaardes verskaf, omvattende sorg aan bejaardes. Dit sluit onder andere in verblyf sowel as 24-uur fisiese, emosionele en geestelike versorging van verswakte en semi-verswakte bejaarde inwoners deur opgeleide personeel.

BYBELSKOOL: NG KERK BONAERO PARK (KEMPTON PARK)

2012-02-08 19:00
2012-03-14 19:00
Africa/Johannesburg
Organiseerder Prof. Hennie Stander. Die mens se lewe het verskillende fasette. Die doel van hierdie kursus is om jou toe te rus om in verskillende vlakke van jou lewe te groei en om ook gesond en suksesvol te leef. Die oogmerk van die lesings is om jou te help om regtig volledig mens te kan wees, sodat jou volle potensiaal na vore kan kom.

Organiseerder: Prof. Hennie Stander; wnde Dekaan; Fakulteit Geesteswetenskappe; Universiteit van Pretoria, asook predikant van die Bonaero Park NGK gemeente.

NG Effata Vir Dowes vra Afgetrede Predikante se hulp

Ons hoop u kan ons help – ons soek een of twee afgetrede predikante wat bereid is om ons te help om namens Caring Hands deputasie besoeke by gemeentes in die Hoëveld te doen om die twee gemeentes vir dowes te propageer en sodoende fondse te in vir die gemeentes.

Pastorale Beradingskursus: Die Hantering van Verlies - Prof Wentzel Coetzer

2012-02-04 08:00
2012-02-04 13:00
Africa/Johannesburg
Hierdie kursus is grootliks gebaseer op die boek, Helping those in grief, deur Norman Wright. Verder word daar ook gebruik gemaak van stof wat aangebied is tydens die Internasionale Konferensie van die AACC in Nashville in 2009 in ’n lesing deur Jennifer Cisney en Kevin Ellers, twee trauma terapeute, in ’n treffende gesamentlike lesing met die titel, Lost grievers: helping hurting people through unrecognized losses

Aspekte wat in hierdie kursus aan die orde gaan kom is onder andere die volgende:

Die Jahwe Rapha Pastorale Beradingsentrum bied aan "Herstelvreugde."

2012-02-14 19:00
Africa/Johannesburg
Hier die is ‘n program wat mense help om hul “hurts, habits en hang-ups” te oorkom.