Wie is ons
Die Sinode Hoëveld van die NG Kerk is hoofsaaklik ‘n stedelike sinode met 121 gemeentes - waarvan die meeste in Gauteng geleë is.
Enkele gemeentes is ook in Mpumalanga.
Die Gautengse gedeelte strek oor ‘n wye area - wat dit dan ook die mees verstedelikte en digbewoonde Sinode in die land maak.
Die lidmaat-samestelling is uiteenlopend en daarom is dit dan ook Sinode met verskeie uitdagings en meervoudige oplossings.
