“Jerusalem!” binnekort op Delmas

Druk-weergaweSend by emailPDF version
2012-08-30 00:00
2012-09-08 23:59
Africa/Johannesburg

Deur Gerda-Marie Viviers.

 

Wie sou kon dink dat op Delmas, tussen al die mielies en myne, ook die kunste tot eer van kan God floreer?

Inderdaad! Van 30 Augustus tot 8 September bied Delmas se hele Christen-gemeenskap die musiekblyspel, “Jerusalem, Jerusalem!” aan.

Hierdie produksie, soos Die Bruidegom kom (2004) en Houtkruis (2008) in die verlede, is ʼn 100% interkerklike inisiatief wat sewe gemeentes in die dorp insluit:
Moedergemeente, Delmas-Wes, Delmas Gereformeerd, Hervormde kerk, Eldamah (AGS), Lewende Woord en Volle Evangelie.

Die doel van die projek is om die gemeenskap saam te bring en bind, om mekaar beter te leer ken en om as verenigde liggaam van Christus God se Woord te verkondig.

Die oorspronklike teks is pas voltooi en vertel die verhaal van die eerste kerk – vanaf die kruisiging van Jesus tot by Saulus se bekering op die Damaskuspad. 

Oudisies het reeds vandeesweek begin.

Die vertoning gaan massief wees met 95 rolle, ’n koor en nóg ekstra skares wat op die planke gaan verskyn. Die verhoog by Delmas-Wes gaan pronk met reusagtige dekor van die Staatsteater en gehore kan bekende, geliefde Christelike musiek te wagte wees.

Die kerke van Delmas vra gelowiges solank vir ernstige voorbidding vir diegene wat belangstel om deel te neem asook vir ondersteuners om in hul massas op te daag.

Hierdie show beloof ʼn fees te wees!

*Vir meer inligting bel vir Martin Rossouw by 082 410 1936.

Aktiwiteite