2012-05-26 Seminaar aangebied deur Die Suider-Afrikaanse Assosiasie vir Pastorale Werk (SAAP)

Druk-weergaweSend by emailPDF version
2012-05-26 08:00
2012-05-26 13:00
Africa/Johannesburg

Die Suider-Afrikaanse Assosiasie vir Pastorale Werk (SAAP) bied op Saterdag 26 Mei 2012 ‘n seminaar aan by Waterkloof Baptistekerk, Cygnusstraat 294, Waterkloofrif x2, Pretoria.

Registrasie sal om 8:00 begin en en die seminaar sal om 13:00 eindig met ‘n ligte middagete.

Enigeen wat by berading betrokke is of daarin belangstel is baie welkom. Daar sal aansoek gedoen word vir drie VBO-punte vir predikante van die N G Kerk.

Die Adjunk-Minister van Gesondheid is uitgenooi as inleidende spreker.  

Dr Gloria Marsay, sielkundige en pastorale berader, sal dié dikwels verwaarloosde kwessie aanspreek: “Take Heed, Take Care: The Importance of Caring for the Self as Caregiver”. 

Dr Tertius Erasmus, SAAP-voorsitter, sal ‘n mini-werkswinkel aanbied met die onderwerp: “The Role of Rituals in Family and Marriage Counselling”.

Die koste is R120 vir SAAP-lede en R150.00 vir nie-lede, verversings en ‘n ligte middagete ingesluit.

Slegs voorafbetaling sal bespreking bevestig.  

Bankbesonderhede: Southern African Association vir Pastoral Work, Nedbank Woodlands, Rekeningnommer 1020501553, Takkode 136-305.

Faks of epos asseblief ‘n bewys van betaling met jou naam en “seminaar” as verwysing. 

Vir verdere inligting of om te bespreek, kontak die SAAP-kantoor (Marieke) by 082 600 6578 of admin@saap.za.net voor 18 Mei 2012.

 

Aktiwiteite