Kruis-en-Dwars kry nuwe Redakteur

Druk-weergaweSend by emailPDF version

Aktiwiteite

Neem asb. hiermee kennis dat Gerda-Marié Viviers, die Koördineerder van Sinode Hoëveld, voortaan vir die saamstel van die Sinodale nuusbrief, Kruis-en-Dwars, verantwoordelik is.

Neem asb. hiermee kennis dat die Koördineerder van Sinode Hoëveld voortaan vir saamstel van die Sinodale nuusbrief, Kruis-en-Dwars, verantwoordelik is.

Groot dank aan dr. Gideon Kok wat die nuusbrief vir byna ‘n dekade met groot toewyding en bekwaamheid behartig het.

Die kommunikasiestrategie en –formate van die Sinode sal eersdaags herbelyn word wanneer die Diensgroep: Kommunikasie vergader. U sal dienooreenkomstig oor die besluite, wat by die vergadering geneem word, ingelig word.

Intussen moedig ek julle graag aan om belangrike gebeure of inisiatiewe wat by jul gemeente plaasvind aan my deur te gee vir oorweging tot plasing in die nuusbrief.

Die volgende Kruis-en-Dwars sal op DV Woensdag 9 Mei 2012 verskyn.

Groete,
Gerda-Marié Viviers
Sinode Hoëveld: Koördineerder

Tel: 011 975 8220
Faks: 011 975 4889 / 086 510 1091
E-pos: Koordineerder@ngkhoeveld.co.za 

Posbus 10444
Aston Manor
1630

Gladiatorstraat 56
Rhodesfield
Kempton Park
1619
 

N.S. – Sinode Hoëveld het nou ‘n Facebook-bladsy! Gaan gerus die bladsy deur op die like-icon of hierdie skakel www.facebook.com/#!/SinodeHoeveld te klik.