PARKKRUIN FAMILIEKERK: KONTRAKPOS VIR LERAAR BY KINDERKERK
Parkkruin Familiekerk is ʼn uiters kindervriendelike gemeente. Die Kerkraad het besluit, om na luid van Artikel 11 van die Kerkorde, ʼn kontrakleraar te beroep vir ʼn vaste periode van een jaar.
Die pligte van hierdie pos behels die volgende:
- dat die eredienste by die gemeente se kinderkerk deur die jaar gelei word.
- Ten minste eenkeer per maand sal hy of sy die erediens in die kerk waarneem.
- Die Nagmaaldienste moet gelei word tydens die nagmaalsgeleenthede in die gemeente.
- Vereistes: Kandidate moet oor die vermoë beskik om met veral kleiner kinders (1 tot 12 jaar) te kan werk.
- Vergoeding: Die standaardvergoeding per preekbeurt in die gemeente.
- Belangstellendes - Stuur ʼn kort CV na betmal@netactive.co.za
- Sluitingsdatum: 18 Februarie 2012
Navrae:
Ds Chris du Preez 0833993965 of dupchris59@gmail.com
Pieter Malherbe 0731686246 of betmal@netactive.co.za
