Pastorale Beradingskursus: Die Hantering van Verlies - Prof Wentzel Coetzer
Aspekte wat in hierdie kursus aan die orde gaan kom is onder andere die volgende:
Verliese waaroor daar nie gerou is nie
Die verlies van ’n droom
Verlies na ’n beroerte aanval
Die verlies van identiteit (byvoorbeeld na ’n beroerte-aanval)
Die verlies van ’n troeteldier
Verliese na ’n egskeiding
Verliese na die dood van ’n eks-huweliksmaat
Verliese gekoppel aan die leë-nes-sindroom
Die afwesigheid van ’n ritueel of ’n seremonie
Die belangrike onderskeid tussen instrumentele en intuïtiewe roubeklaers – help persone om hul rou-patrone te ontdek
Traumatiese rou-reaksies
Die belangrikheid van dubbelsinnige/tweevoudige verlies (ambiguous loss)
Pastorale riglyne ten einde diegene te begelei wat worstel met onverwerkte verliese
Plek : Studente Hervormde Kerk – Silwer straat 19 (net langs klein kragstasie)
GPS koördinate: Suid: 26.41.590 - Oos: 27.5.079
Datum : Saterdag 4 Febr 2012
Tyd : 08.00 - 13.00
VBO punte kan verdien word deur bywoning
Koste : R200 (sluit in sleutelnotas en verversings)
Handleiding: Te koop (opsioneel): R160 (posgeld: R20 ekstra)
Navrae en bespreking: 0836600409 of 018-2947457 of wentzel7@mweb.co.za
