Die Jahwe Rapha Pastorale Beradingsentrum bied aan: "Divorcecare" en "Divorcecare4kids"
Hierdie program van “Church Initiative” is verwerk en deur ons in Afrikaans vertaal.
Deur die loop van 14 weke word persone wat vervreem, geskei of besig is om te skei begelei om weer hoop, herstel en ‘n nuwe uitsig op die lewe te vind.
In die program vir voorskoolse en laerskool kinders word die kinders gehelp om te verstaan wat gebeur, om te midde van die verandering positief vorentoe te gaan.
Een van die vorige kursusgangers vertel: “Ek het die kursus die eerste aand bygewoon as ‘n stukkende mens. Nou aan die einde van die kursus is ek ‘n heel mens met stukkende plekke wat goed herstel danksy dit wat ek hier geleer en beleef het. Dit was een van die moeilikste maar BESTE dinge wat ek nog ooit gedoen het, nie net in terme van my egskeiding nie, maar in terme van die LEWE.”
’n Ander een sê: “Dit het my waarde as vrou en mens herstel. My verhouding met God het fenomenaal versterk. Selfhaat en onvergewensgesindheid het verdwyn. Ek het selfvertroue en krag gekry om weer op te staan en voluit te leef. My kinders lag weer en besef dat pappa en mamma het geskei van mekaar maar nie van hulle nie. DANKIE!”
Die volgende kursus begin 13 Februarie 2012 om 18:30 by die geboue van die NG Kerk Alberton Suid.
Die kursus vir volwassenes en kinders word in dieselfde tydgleuf en op dieselfde terrein aangebied.
Persone wat meer inligting oor hierdie 2 programme of oor die ander dienste wat Jahwe Rapha Pastorale Beradingsentrum aanbied wil bekom kan Johan Heyns kontak by 0834630525 of by jahwerapha@netactive.co.za.
