Aanmelding van Verwaarlosing en Mishandeling van Kinders

Druk-weergaweStuur na 'n vriendPDF version

Die SKDB het besluit dat daar leiding gegee moet word ten opsigte van die hantering van die aanmelding van sake waar verwaarlosing en mishandeling van kinders onder predikante se aandag kom. Hierdie besluit is geneem in die lig van die saak in Welkom waar die predikant aangekla is omdat hy nie ‘n saak waar hy kennis gedra het van mishandeling, aangemeld het nie. ‘n Protokol is opgestel ten einde as riglyn te dien in die hantering van soortgelyke gebeure.
Verder verdien dit vermeld te word dat die SKDB protokol se opgestel is met insette van twee kundiges, naamlik ‘n prokureur en ‘n landdros, wat beide ervaring op hierdie gebied het.

Die dokument is op aanvraag by die SKDB beskikbaar (skdbstvl@mweb.co.za).

Die protokol is ook op Hoëveld se webblad geplaas. Kliek hier om dit te lees of af te laai.

 

FA Swanepoel
SKDB
SINODE HOëVELD