NG Balfour bied aan: Die Keirsey Werkswinkel Vir Volwassenes En Kinders

Druk-weergaweStuur na 'n vriendPDF version
2010-10-19 07:30
2010-10-20 16:00
Africa/Johannesburg

Plek van Aanbieding
NG BALFOUR - Kerksaal
Joubertstraat 119, BALFOUR
(Verby Heidelberg op R23 op pad na Standerton)
Datum van Werkswinkels
Dinsdag 19 & Woensdag 20 Oktober 2010
Tyd vir Werkswinkels
07H30 vir 08h00 tot 16h00.
Keerdatum vir inskrywings
Woensdag 13 Oktober 2010
Taal van Aanbieding
Afrikaans/ Engels / Tweetalig
Prys vir alle werkswinkels
R600-00 p.p. vir 1 dag en R1000.00 vir 2 dae.
ʼn Volledige handleiding en sertifikate is by die prys ingesluit.
Deposito
R250-00 nie-terugbetaalbaar
Bank- besonderhede
Rekeningnaam: A Struwig
Bankinstelling:    Nedbank  Takkode:163 145 Tjekrekening no.: 1631-093-088
Na deposito
Faks inskrywingsvorm en Depositostrokie aan 086 578 4327
Vir Aandag: Antoinette Struwig
Navrae
Sellulêre Foon      : 082-545-1453
e-pos                  : astruwig@lantic.net

Die Keirsey Werkswinkel vir Volwassenes en Kinders duur 8 ure.

’n Volledige handleiding word by elke kursus beskikbaar gestel wat voldoende is om net so te gebruik wanneer kursusgangers self die model wil gebruik.

Kursusgangers ontvang ook ʼn professionele sertifikaat vir bywoning. /

Sommige mense praat van Sterwens-begeleiding, maar ek verkies ’n meer positiewe benadering. ’n Mens hoef nie iemand te begelei om te sterf nie, maar ons kan hom begelei om voluit te kan lewe totdat hy sterf, sodat hy met waardigheid kan sterf.

Daar word aandag gegee aan die volgende aspekte:

  • Persepsies
  • Die Berader as persoon
  • Die berader se eie ervaring van verlies
  • Effektiewe hulpmiddels vir die berader
  • Kommunikasie met die sterwende
  • Die behoeftes van die sterwende
  • Die Rouproses.
  • Traumabegeleiding en die proses van ontlonting.
  • Addisionele Leesstof word ook verskaf

VPO Akkreditasie hangende vir beide Maatskaplike Werkers en Predikante.

Indien u slegs een van hierdie twee Werkswinkels wil bywoon, is die koste R600.00.

Indien u die twee voldag Werkswinkels wil bywoon, is die koste vir die tweede dag R400.00.

Indien u dus die Werkswinkels op twee eenvolgende dae bywoon, is die totale koste R1 000.00 per persoon.

Inskrywingsvorm word hierby aangeheg.

OGGENDTEE EN MIDDAGETE

‘n Oggendtee en middagete sal beskikbaar wees vir diegene wat sou belangstel – die koste beloop R35/dag.

Indien jy dus albei dae bywoon, is dit R70.

Al vereiste is dat jy op die laatste @ 11 Oktober 2010 by ons kerkkantoor hiervoor sal bespreek, aangesien die getalle bepaal moet word en die aankope betyds gedoen kan word.  Die nommer wat jy moet skakel, is: (017) 7731817 en dan gee jy jou naam vir Jessie (ons skriba).

Betaling van die tee en ete kan die dag met die kursus gedoen word.

Vir enige navrae hieroor, skakel my gerus by (017) 7730605.

Groete
Stef Bothma 
 

Lees eersAttachmentSize
Kiersey_Inskrywingsvorm.pdf27.13 KB