Belangrike Vroue-Predikantebyeenkoms 20 - 22 Sep 2010.
Om dit te gedenk het die NG Kerk in 2000 ‘n 10-jaarbyeenkoms gehad. Sedertdien het enorme veranderinge plaasgevind en daar is talle nuwe stories om te vertel.
'n Nuwe verhaal van hoop het ontvou.
Daarom word ‘n byeenkoms beplan om die unieke bydrae en groei van vroue-predikante in die kerk te vier.
Gemeentes met vrouepredikante word versoek om daardie predikante asseblief te borg om hierdie geleentheid by te woon.
- Tydens die geleentheid sal waardering betoon word aan baanbrekers uit die verlede (mans sowel as vrouens).
- Tyd word ingeruim om na roepings-en bedieningsverhale te luister, maar die hooffokus val op die viering van roeping.
DATUM : 20-22 September 2010
PLEK : Pure Joy Gastehuis-Konferensiesentrum, Kameeldrif (net buite Pretoria)
Fasiliteerders : Frederick Marais en Elize Morkel
Enige persoon is welkom om hierdie geleentheid by te woon.
Indien u meer inligting benodig of plek wil bespreek - kontak Kotie Wright by die kantoor van die Algemene Sinode –kotiew@ngkerk.org.za
