KERKSPIEËL 2010 SKOP AF!

Druk-weergaweStuur na 'n vriendPDF version

Kerkspieël is oor die jare gevestig as ʼn belangrike bron van inligting vir die NG Kerk. Dit help in die nadenke oor die kerk en gemeentes se rol en funksionering. Die 2010-opname wil geen uitsondering wees nie. Die opname geskied in opdrag van die Algemene Sinode en in samewerking met die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Elke gemeente in die NG Kerk ontvang ’n gemeentevraelys. Dit behoort teen 16 Julie 2010 in die pos te wees. Die gemeentevraelys kyk na ʼn wye veld van sake wat die gemeente en sy bediening raak. Watter demografiese skuiwe vind daar onder lidmate plaas? Watter gemeentes groei en watter is in ʼn stryd om oorlewing besig? Die inligting stel die kerk in staat om gemeentes beter te begelei en by te staan.

In 2006 is die eerste keer ʼn opname onder erediensgangers gedoen. Die vraelys vorm deel van die National Church Life Survey wat internasionaal gedoen word. Die opname word weer in 2010 gedoen. Die vraelys word deur almal wat ʼn betrokke Sondag die erediens bywoon, ingevul. Vrae wat gevra word is o.a.: Wat dink die lidmate hulle gemeente en eredienste, is buitestaanders welkom, gee ons om vir die gemeenskap, ens.?

Die vraelys word weens die omvang daarvan nie aan alle gemeentes gestuur nie. Sekere gemeentes is deur middel van ’n ewekansige steekproef geselekteer. Die betrokke gemeentes is reeds per epos in die verband, ingelig. Die nodige vraelyste en dokumentasie word aan die gemeentes gestuur. Dit steekproef sluit egter nie ander gemeentes nie uit nie. Hulle kan ook aan die ondersoek deelneem deur dit van die Kerkspieël kantoor te versoek.

Dié verslag staan as Gemeentespieël bekend.

Die doel van Gemeentespieël is om aan elke gemeente, wat so versoek, terugvoer oor elke gemeente se unieke situasie te gee. So ʼn gemeente moet beide die Gemeente- en Erediensganger vraelyste invul en die verslag bestel.

Wat is die produk wat aan die gemeente gelewer kan word?

  1. ʼn Kerkspieëlverslag wat ’n prentjie teken van die hele kerk en dit aanbied in terme van die sterkpunte en uitdagings wat aan die kerk gestel word. Hierdie is ’n maklik verstaanbare aanbieding wat perspektief bied op wat in die NG Kerk aan die gebeur is.
  2. ʼn Gemeentespieëlverslag wat die gemeente se resultate weergee, wat met die Kerkspieëlverslag vergelyk kan word. Dit bied ’n goeie basis vir vergelyking en indringende gesprek oor die gemeente se situasie.

Gemeentes wat meer inligting verlang kan ons gerus kontak.

Dr. Kobus Schoeman en ds. Willie van der Merwe
(Projekleiers: Kerkspieël 2010)
Telefoon: 012 3420092 of 0823254088. Epos: kerkspieel@ngkerk.org.za