Onse Vader-Gebed

Druk-weergaweSend by emailPDF version

« Terug na indeks »

 


Die volgende Ons Vader-gebed is ‘n mini-drama wat wonderlik werk met laer- en hoërskoolkinders. Slegs twee persone is nodig – iemand wat die gebed doen en iemand anders wat versteek is met ‘n mikrofoon om die stem van God te wees.

Ons Vader wat in die hemel is.

Ja, het jy my geroep?

Roep, ek het nie geroep nie, ek is besig om te bid. Ons Vader wat in die hemel is.

Daar doen jy dit alweer.

Wat het ek gedoen?

My geroep. Jy het gesê: Ons Vader wat in die hemel is. Wel hier is ek nou. Wat wil jy hê?

Ek het nie so bedoel nie. Ek het net my gebedtjies vir die dag gedoen. Ek sê elke dag my Onse Vader. Dit laat my voel dat ek my deel gedoen het.

Ok, gaan voort.

Laat U Naam geheilig word.

Wag eers, wat het jy daarmee bedoel?

Met wat?

Met laat U Naam geheilig word.

Dit beteken ... wel dit beteken ... ag ek weet nie wat dit beteken nie, hoe moet ek weet. Dit is in elk geval net deel van 'n gebed. Wat beteken dit in elk geval?

Dit beteken: Verheerlik, heilig en wonderbaar.

Jaaa, dit maak sin. Ek het nooit geweet wat geheilig beteken nie. Laat u koningkryk kom, laat U wil ook op die aarde geskied, sowel as in die hemel.

Is dit hoe jy regtig voel?

Natuurlik, hoekom nie?

So wat gaan jy daaromtrent doen?

Doen? Niks nie. Ek dink dit sal nogal lekker wees indien U alles in beheer het hier onder soos daar bo.

Beheer ek vir jou?

Wel ... ek gaan kerk toe.

Dit is nie wat ek gevra het nie. Wat van daardie jaloesie wat jy het? En daardie baie kort humeur. Jy het regtig 'n probleem daarmee, weet jy. Wat van hoe jy jou geld uitgee op jouself. En dan praat ek nie oor jou keuse van boeke en tydskrifte nie.

Wag, hou op om op my te pik. Ek is net so goed soos daardie skynheiliges by die kerk.

Ek dog jy bid al die tyd dat MY wil gedoen sal word. As dit moet gebeur, sal dit moet begin met die wat tot my bid, byvoorbeeld jy!

Ag, All right! Ek het seker wel paar hang-ups. Nou dat U dit noem, daar is seker 'n paar ander. Ek het nie regtig daaroor gedink nie. Daar is gedeeltes en dinge wat ek graag sou wou los. Ek sou graag, U weet, geheel en al vry wees.

Fantasties, nou maak ons vordering. Ek en jy kan wonderlike oorwinnings saam hê. Ek is trots op jou.

Luister Here, ek moet nou regtig klaarmaak, dit vat nou heelwat langer as wat dit gewoonlik. Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Wel jy moet eitlik ook op die brood terugsny. Jy is klaar oorgewig.

Wag 'n bietjie, wat is dit die. Hier doen ek my geloofsverpligtinge en dan maak U inbreek om my te herhinner aan my probleme.

Gebed kan gevaarlik raak, jy mag dalk net verander word. Dit is my doel op jou te laat verstaan. Jy het my geroep en hier is ek. Dit is nou te laat, gaan voort. Ek kan nie wag dat jy aangaan nie.

Ek is nou bang om aan te gaan.

Wel kom ons probeer, en dan sien ons wat gebeur.

Vergewe ons sondes soos ons die vergewe wat teen ons gesondig het.

Wat van Anri.

Ek het geweet U gaan dit noem. Sy het my gevloek en dan het sy nog ook my verneuk met geld. Ek belowe ek gaan nog met haar uitsorteer en terugkry.

Wat van jou gebed?

Ek het dit nie bedoel nie.

Wel ten minste is jy eerlik. Dit is waaragtig nie maklik om met 'n seer hart rond te loop nie. Wraak is nooit goed nie. Dink net hoe ongelukkig jy reeds is, maar ek kan dit verander.

Kan U! Hoe?

Vergewe vir Anri en dan vergewe ek jou, jy mag geld verloor, maar jou siel sal bly wees.

Maar Here, ek kan nie vir Anri vergewe nie.

Dan kan ek nie vir jou vergewe nie.

O, U is seker reg. U is altyd reg en meer as om wraak te neem teen Anri wil ek eerder my saak met U regstel. OK, ek sal vir Anri vergewe, sal U asseblief vir haar ook die weg wys.

Goed geen probleen ek sal dit doen. Moet jou net nie jouself in plekke bevind waar versoeking plaasvind nie.

Wat bedoel U daarmee.

Hou op om in die verkeerde plekke rond te hang en verkeerde flieks en T.V.-programme te kyk. Hou ook op om na sondige gesprekke te luister. Jy kan daarby gerus van jou vriendskappe verander. Van jou sogenaamde vriende is besig om jou sleg te maak. Binnekort sal hulle jou betrokke kry by minder goeie dinge. So wees gewaarsku. Dit lyk asof dit hulle gelukkig maak, maar vir jou sal dit sleg wees. Moet my nie misbruik nie.

Ek verstaan nie nou nie?

Natuurlik weet jy, jy doen dit gereeld. Jy bevind jouself in moeilike situasies. Kom in moeilikheid en kom hardloop jy na my en bid: "Here, help my uit hierdie gemors, ek sal dit nooit weer doen nie." Onthou jy van die ooreenkomste wat jy met my probeer sluit het?

Jammer Vader. Ek voel nou regtig skaam. Tot nou het ek gedink dat indien ek net die Onse Vader elke dag bid, dan sal ek kan doen wat ek wil.

Ok gaan voort. Maak jou gebed klaar.

Want aan U behoort die koningkryk, krag en die heerlikheid in ewigheid. Amen.

Weet jy dat die een ding wat my heerlikheid sal bring, is om met mense soos jy, mense wat my werklik liefhet, verhoudings te bou. En ek kan dit sien gebeur tussen ons. Nou dat van jou sondes oopgemaak en skoongemaak is, is daar geen perke van wat ons saam kan doen nie.

Here, kom ons kyk wat met my gemaak kan word. Ok.

Ok, ons sal sien.

 

Albé Theunissen - , Porterville