Achterbergh Konferensiesentrum

Druk-weergaweSend by emailPDF version

Achterbergh Konferensiesentrum

Ons as NG Sinode Hoëveld is baie trots op ons Achterbergh Konferensiesentrum wat net 'n klipgooi ver van Johannesburg, Krugersdorp en Pretoria te vinde is.

Die sentrum bestaan uit drie baie goed ontwikkelde kampterreine, naamlik Achterbergh, Nevenbergh en Inniebergh.

Daar is puik konferensiefasiliteite, genoeg lesingsale, 'n koue- en ’n onderdak warm-swembad, lieflike ontspanningsterreine vir groepsaktiwiteite en wandelings in die natuur. Spyseniering geskied vanuit die goed toegeruste kombuise. Daar is ook twee Retraite-huise vir die besige siel om tot rus te kom.

Die 3 kampterreine is op dieselfde pragtige perseel geleë. Dit nestel knus tussen die kenmerkende klipkoppies van die omgewing (In Gauteng noem ons dit berge!) en is voorwaar 'n vredevolle hawe te midde van die stadsgewoel, met 'n kabbelende bergstroompie op jou voordeur en omring met ongerepte natuurskoon. 

Achterbergh Konferensie Sentrum is in die volgende 3 kategorië gegradeer.

  • Gaste huis afdeling (suites) 3 sterre
  • Konferensie sentrum 3 sterre
  • Hostel afdeling (slaapsale) 3 sterre
     
Kontak Nommer: (011) 954-5533
Faks Nommer: (011) 954-6987
Ligging: Edwardstraat, Chancliff, Krugersdorp
Besprekings:

Achterbergh Kamp- en Konferensiesentrum
Tel: (011) 954-5533
Faks: (011) 954-6987
E-pos:

bestuurder@achterbergh.co.za

 

BESOEK OOK ACHTERBERGH SE WEBWERF BY

 

www.achterbergh.co.za