Tannie Allettha se storie

Herfsland

Die Here is hier aan die werk

Ek het Tannie Allettha hier gekry toe ek hier begin werk het. Sy was nog baie aktief en het beertjies en poppies gebrei vir verskillende welsynsorganisasies en het ons baie gehelp met die herstel van klere. Sy het altyd vertel hoe het die personeel vir haar die onmoontlikste klere gebring om vir hulle te maak pas. As sy nie kans gesien het nie, het hulle vir haar gesê net sy kan enige iets reg maak!

Lees verder: Tannie Allettha se storie

Tutela Gesinsorgkantore (CMRade) Oorlewing 2020

Vroeër vanjaar hou die Voorsitters van Tutela se Gesinsorgkantore (CMRade) ʼn werksessie met die tema Oorlewing 2020.  Onder leiding van dr Johan Botha, die portefeuljeleier vir Diens en Getuienis, gesels die voorsitters en assistent direkteure (maatskaplike werk programbestuurders) oor hoe kerklike maatskaplike werkdienste in die toekoms gaan lyk.  Die manne en dames praat en dink en bid en maak planne om te oorleef en gee terugvoering aan die Uitvoerende Komitee van Tutela.

Lees verder: Tutela Gesinsorgkantore (CMRade) Oorlewing 2020

Dertig jaar getroue diens

Die Tuiste vir Bejaardes in Nigel wens me. Hannie Bosman geluk vir dertig jaar se getroue diens...  

Op 6 Mei 2016 het me Hannie Bosman, operasionele bestuurder van die Tuiste vir Bejaardes, Nigel, dertig jaar diens by dié Tuiste voltooi.  Hannie is as operasionele bestuurder verantwoordelik vir die gladde verloop van aktiwiteite in die kombuis, washuis en skoonmaak van die Tuiste.

Lees verder: Dertig jaar getroue diens

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se September-uitgawe


2017.09

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
11 Aug 2017

 2017.08.11