Kerkbode 4 Maart 2016

Versoening is ‘n tema wat deur ’n paar bydraes tot die Kerkbode van 4 Maart loop – van die verhaal van die gesamentlike nagmaal van die gelowiges van Pinelands en Athlone, deur die Koininia-maaltydgroepies in Worcester tot by studente van alles rasse wat saam bid by Tukkies.

Daar is ook verskillende verhale van hoe gelowiges mekaar bystaan in die droogte.

In die gay-debat val die kollig in hierdie uitgawe op die Sodomverhaal en die Levitikus-tekste – en daar is twee bladsye met lesersbriewe wat op vorige bydraes reageer.

Daar is verhale van gelowiges wat help om stukkende kinders heel te maak op die Kaapse vlakte en in Nelspruit. En daar is nog heelwat meer te lees in die nuwe Kerkbode.

 

Om in te teken op Kerkbode, klik hier.

Gebruikers

Soek

Volg ons op Facebook

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
1 Desember 2017

 2017.12.01