Diensgetuienis

Hierdie portefeulje gee hoofsaaklik aandag aan die Barmhartigheidsbediening van die Kerk, maar het ook wyer bedieningsverantwoordelikhede.

Portefeuljeleier:

Dr JS (Johan) Botha, Posbus 8009, Edleen 1625, tel 011 976 5128, faks 086 550 1433, sel 083 785 6056, e-pos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Diensgroep

Sameroeper: Ds S (Stephan) Weyers [Nigel-Oos].

Ds TJ (Theo) van Rensburg [Kempton-Hoogland].

Ds DC Human [Bonaeropark].

Bediening aan Dowes en Gestremde Dowes

Ds JJ (Jaco) van Wyk [Effata-vir-dowes], e-pos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Gemeente Effata vir Dowes – Gemeente vir Dowes in Suid-Gauteng. Bedien ook Dowes in Wes-Transvaal, Vaaldriehoek en die Vrystaat. ’n Reisende gemeente met bedieningspunte in Primrose, Kemptonpark, Vanderbijlpark en Potchefstroom.

Gemeente Pretoria Dowes – Gemeente vir Dowes in Noord-Gauteng. Bedien ook Dowes in Limpopo en Mpumalanga.

Dienssentrum Effata vir Dowes en Meervoudig Gestremde Dowes. Die ontwikkeling van ’n beskermd doof-vriendelike residensiële dorpie waar behoeftige volwasse Dowes versorg kan word; die opleiding van Dowes in samewerking met die vele SETA-programme; regshulp vir behoeftige Dowes in hulle eie gebaretaal; tolkdienste; terapeutiese dienste; volhoubare ontwikkelingsprogramme vir volwasse Meervoudig Gestremde Dowes met hulle eie beskermde woonplek; hulp vir Dowes met spesiale behoeftes; oprigting van werkswinkels vir die selfonderhoud vir die Sentrum. Gerbaretaal is die primêre taal naas Afrikaans en Engels wat gebruik word.

Ouetehuis vir Dowes in Bedfordview. Versorging van Dowe bejaardes in ’n doof vriendelike omgewing met siekeboeg en kamers vir 18 verswakte Dowe bejaardes. Die personeel is bedrewe in gebaretaal om sodoende die kommunikasie probleme op te los.

Pro Ekklesia NPC

Al die eiendomme wat vir barmhartigheidsdienste gebruik word, is in die naam van hierdie maatskappy geregistreer.

Voorsitter: Mnr DJ vd Berg

Sekretaris: Dr RB (Botha) van Aarde, tel 011 975 8220

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
1 Desember 2017

 2017.12.01