Wie is ons
Die NG Sinode Hoëveld se leuse is: “Uit gemeentes, vir gemeentes, na die wêreld tot eer van God” en ons roeping is: “Die NG Sinode Hoëveld (a) begelei gemeentes om God te eer, mekaar en die wêreld met Christus se liefde te dien; en (b) begelei gemeentes sodat die NG Kerk in Sinode Hoëveld groei na ’n gestuurde kerk vir die samelewing”.
Dit beteken dat die Sinode gemeentes saamsnoer en help om:
- Biddend saam God se Naam te eer, Sy ryk te dien en Sy wil te soek;
- Na mekaar uit te reik en verhoudinge met mekaar te bou;
- Die boodskap van verlossing aan die wêreld te verkondig;
- Gemeenskappe en die omgewing liefdevol te dien;
- Leiers te ontwikkel;
- Missionale Bediening te vestig en uit te bou.
Die vyf Strategiese Prioriteite van die Sinode:
Onder die Missio Dei as basis en sambreel, met geloofsonderskeiding:
- Om gemeentes te begelei om missionale kerk te wees;
- Om leraars en leierskap te begelei en toe te rus;
- Om betrokke te raak in gemeenskappe - evangelie, versorging, jeug, opleiding (binne konteks);
- Om ruimte te skep vir diversiteit - bv. meertaligheid;
- Om op sinodale vlak Missionale Jeugontwikkeling te bevorder.
Die Sinode se vier Strategiese Fokusse as 'n Missionale Sinode:
- Meertaligheid;
- Kinders en Jongmense;
- Armoede; en
- Nuwe gemeentes: Kerkplanting.
Kernwaardes (vgl. 1 Kor. 13):
- Kwaliteit – ons lewer bogemiddelde produkte, diens of ander uitsette.
- Respek – ons respekteer mekaar se siening, mening, menswees, opinies, vaardighede, tyd.
- Getrouheid – ons is toegewy en lojaal aan God se koninkryk en Kerk, ons roeping, ons belydenis en mekaar.
- Integriteit – ons is regverdig, getrou aan ons waardes en aan onsself, en opreg en eerlik..
- Leerbaarheid – ons is oop en toeganklik na God, mekaar en die wêreld en luister na God, mekaar en die wêreld.